RSS

Vergeet

31 Mar

Ek het vergeet,
Die woorde, die sinne
Die seer diep binne
Dalk te lank verdoof
Van lewe beroof
As jy so die bitter soet wil eet
Ek het vergeet

Ek het vergeet
Die trane, die skok
Jou make up en rok
Dood is duidelik permanent
Die hiernamaals nog onbekend
Begrafnisreën in modder gemeet
Ek het vergeet

Ek het vergeet
Liefde vol foute
Die slot uit die bloute
Die angs en die woede en ongehude passie
Met apologie het ek nooit geweet wie ek eens was nie
Vir 20 jare was my opinie net wreed
Ek het vergeet

Ek het vergeet
Die oomblik waar alles sou klop
‘n Hart wat uit sy eie liggaam wou skop
Die trane van blydskap so lank voor gewag
Dans saam my bruid tot laat in die nag
Saam voor die Skepper, beide se eed
Het jy vergeet?

Ek het vergeet
Hierdie is ‘n lewe waar meeste net ly
Vlugtig wil meeste net kop af en bly
Geluk is mislukking op materiële gebou
Depressie is die resultaat van ‘n wêreld in rou
‘n Man se skouers kan ook net so breed
Het jy vergeet?

 

RJ Schutte

 

 
1 Kommentaar

Posted by op Maart 31, 2019 in Afrikaanse Gedigte

 

1 responses to “Vergeet

  1. perdebytjie

    April 1, 2019 at 4:43 VM

    Intense hartseer gedig.Pragtig geskryf!

     

Lewer kommentaar