RSS

Waneer ek jou weer sien..(‘n projek)

08 Aug

Trane, dalk die keer van en vol blydskap
Hand wat liefdevol, aan hand stap
Bewuswording van eens vanselfsprekend
Versigtig nou, ‘n houding oorwegend
‘n Oefening in nostalgie miskien
Waneer ek jou weer sien

Iewers dalk bloot ‘n kans ontmoeting
Onredelik as die lewe jou sprokie binnedring
Dalk stammel jy woorde, ransel dit af
Grou tog ‘n gat met mooi woorde op die graf
Sluk die wêreld jou regtig te dikwels in
Of is die verleentheid bloot vir eie gewin

Om te kom tot die punt, of dalk net bietjie spasie
Wees op jou hoede vir te veel elasie
Vermom jy gevoelens om te sien waar jy baat
Speletjie speel tot anderkant laat
Kry jy die satisfaksie wat jy hoop jy verdien
Waneer ek jou weer sien?

Weke en weke, intussen ook dae
Antwoorde skraps en net te veel vrae
Van jou bestaan lankal heel en al gesny
Steeds bly inklinasie, wonder wat doen jy?
Verkondig die leuen aan almal wat wil hoor
Die vlakte waar jy jou bevind is “moedverloor”.

Te lank na die winter, vind jy weer sonstrale
Gooi vensters wyd oop, jy dra dit soos krale
Parfuum, per abuis, nou weer sy gunsteling
As definisie en lewe jou skraps binnedring
‘n Oefening in moderne liefde miskien
Waneer ek jou weer sien..

 

RJ Schutte

 
Lewer kommentaar

Posted by op Augustus 8, 2020 in Uncategorized

 

Lewer kommentaar