RSS

Monthly Archives: Julie 2023

My dag in die son(van die laaste potlood sessies)

Maande, jare, bloot gelukkig, net
Seker hoekom ek so min woorde van jou het
Glimlag om jou mondhoeke
Tydelike einde aan die soeke

Voluit leef
Jou geluk bly my ingeweef
Drama is verbied, oorbodig
My kamma macho, was onnodig

Potlood, gister geruil vir ink
Het kortstondig aan permanent gedink
Vanaand, egter weer hb
Ek het gehuiwer met die volgende tree

Spyt, is die verleentheid
Die koste van die geleentheid
Voor die monster my eindelik bevry
Sou ek vir jare binne gedy

Om wakker te word
Die lewe is kort
Oombliklik en altyd sedertdien
Bly jy die groot miskien

In gedaante kon jy verwissel
Ek was veral een aand onnosel
Steeds, in ‘n slukkie van my laaste wyn
Ewig dankbaar vir jou sonne skyn..

 
Lewer kommentaar

Posted by op Julie 26, 2023 in Uncategorized

 

Liefde, wie weet?(die potlood sessies)

Miskien is ek al een
Met die vrae en die probleem
Dis moeilik om te sê in huidige posisie
Is ek lief vir jou, of is ek nie?

As die uitveer meer as die potlood werk
Liefde, tot die seer beperk
Prewel wooorde, basies in eenvoud
Die aande sonder jou is koud

Die snye op my arms getuig van my obsessie
Jy hang aan ‘n ander se revolusie
Nooit sal ek alternatief genoeg kan nie
Ek is nog nie eers volkome man nie

Drie perfekte weke in die Oos Kaap
Die aande wat ek by jou kon slaap
Kersfees en ‘n nuwe jaar
Al was ons van die drank ook naar

Terug op aarde in die middestad
Het ek ‘n laaste kans gevat
Op die agterste sitplek van my geel volksmotor
Het jy seker gewens vir beter

Dis ‘n amperse wonderwerk
Dekades lank het ons nog aan die idee gewerk
Die einde was bloot ‘n oomblik, presies
Met die besef jy het die norm gekies

Toe jy jammer sê
Vir alles wat ons ooit wou hê
Die droom was toe ook al
Letsels van ‘n gebroke heelal

Misken was ek al een
Met die vrae en die alternatief
As ‘n mens was jy donners gemeen
Liefde vra soms, asseblief..

 
Lewer kommentaar

Posted by op Julie 25, 2023 in Uncategorized

 

Nandeli..(Die oorsprong van die potlood sessies,maar meeste van julle weet dit anyway)

Met akademiese balkie, baadjie nommer pas
Sit jy langs my in die Latyn Klas
En ou “Broekies”: Amo, Amas, Amat
Ek wou so graag aan jou hand vat

Aan ‘n lyntjie hou jy my vir maande
Al praat ons telefonies, ure in die aande
Eindelik is ek dankbaar jy was bereid
My Nan’s en ek op matriek afskeid

Nuwe jaar, nog ‘n nuwe jaar
Beste vriende wat baljaar
Die rebel kom en vertel ‘n storie
Al was dit waar, kon/wou ek nooit glo nie

Kom ons gaan Sun City toe
Kom ons wees net jonk en saam
I swear I never had a clue
Miskien was ek net altyd skaam

Nan, kom ek nodig jou!
My mamma is dood
Sy het altyd gesê, ons gaan eendag trou
Maar Nan, nou is daar net nood!

Op troues en partykies
Net ‘n kyk en ek is daar
As ek ooit ‘n lewensmaat kon kies
Die Here weet dis waar

Oud word is nie vir sissies nie
Jy noem my steeds jou: “Raykie”
Niemand is regtig waar hulle wou nie
Jy kan nie vra vir ‘n beter ou nie( dis baie funny!)

Die potlood sessies het met jou begin
“Sy Hare” skree die girl by Modern Talking
Die tapes en rewind en Laura Branigan
I never got to buy you that ring

Woorde sal nooit genoeg wees nie
Hierdie is my konfessie
Ek is ewig dankbaar vir my beste maaitjie
Die potlood sessies is sinneloos sonder: Nandeli..

 
Lewer kommentaar

Posted by op Julie 22, 2023 in Uncategorized

 

Die Gebreekte kombi(potlood sessies)

‘n Groepie vriende wat lang naweek bly
Gaan Sun City toe, na ‘n show
Kinders word nog rondgery
Ongemaklik, het ek ogies net vir jou

Die kombi breek!
Langs die pad soek ons, ons eie vermaak
Soveel kere in die rug gesteek
Jy het, op tye, aan my gebreklike hart kon raak

Die hoofseun vry na my beste maat
Ek en die rebel maak maar die volk dronk op mageu
Wat help dit mens raak kwaad?
Ek was seker altyd lief vir jou

Die Omie kom om die kar te herstel
Ons maak die beste van elke sekonde
Saam, kon ek die oomblikke tel
Kon ons eens so opgewonde?

Maande later op die local skou
Kon jou boyfriend nie, maar ek wou
Op my hemp geskryf vir ewig, staan nou nog daar
“We will always have Cinema”

Tot vervelens geskryf en uitgevee
Ingelse liedere in Arikaans toonset
Die potlood briewe kan moontlik nuwe lewe gee
Al wat ek van die 80’s oorhet..

 
Lewer kommentaar

Posted by op Julie 22, 2023 in Uncategorized

 

Potlood idioot(1ste van die potlood sessies)

Hb Potlood idioot( liewe)
My beste woorde en idees
Kry met beskeie potlood vlees
‘n Opsomming van my briewe

My liewe Adrie Booysen
Maak my na al die jare nog die bliksem in
My hb woorde so vol hoop
Jy het na ‘n piekniek by die dieretuin vir my ‘n das gekoop

Vir net ‘n oomblik was ek in die kollig
Ek verkies my girls so effe mollig
Maar, om jou te soen op die bankie in die reën
Was toe al ‘n bedekte seën

Toe ek droom jy gaan dood
En uit die bouvalle van Yeoville, angstig bel
Was jou kalm antwoord bloot:
Wat kan jy my nog vertel?

Om eerlik te wees, was ek toe liewer vir iemand
Besluite kan gate in jou hart in brand
As jy die ooit sou lees en dit jou beter pas
Ek het na al die jare nogsteeds jou das

Hb Potlood idioot( liewe)
My beste woorde en idees
Kry met beskeie potlood vlees
Eerste van my potlood briewe..

 
Lewer kommentaar

Posted by op Julie 22, 2023 in Uncategorized